Thursday, June 24, 2010

Elsie het griep maar is besig om garage te organiseer om goed te kry vir Palm Beach.
Fanie jnr kan nie uitgepraat word oor die sokker gister. Hy en Eric het die wedstryd Amerika teen Algerie op Loftus bygewoon. Hulle het tussen 'n klomp Amerikaners gesit en hulle gate uit geniet. Net soos ek, hou hy baie van Amerikaners. Beide van ons het nog net goeie ervarings met hulle gehad.
Ek en Elsie het Amerikaanse vriende gehad by Swartruggens in die 80'ers. Hulle het 'n swart kind probeer aanneem wat hulle groot gemaak het en dit was onmoontlik. Ten einde laaste is hulle terug na Amerika om die kind daar aan te neem nadat hulle ('n jaar?) gesukkel het om 'n paspoort vir die kind te kry.
In Luderitz het Elsie 'n baie, baie goeie Amerikaanse vriendin gehad, Jennifer McDonald. Sy het getrou met 'n Luderitz ou en hulle is na Amerika net toe ons ook Luderitz verlaat. Ons kan nie onthou wat die ou se van is en kan nie vir Jennifer opspoor. Sy is nie op Facebook onder MacDonald. Ek het al die Luderitz ouens met wie ek kontak het al gevra, maar niemand weet wat sy van is nie. Ek moet dalk vir Elsie op facebook plaas, miskien kan Jennifer haar dan opspoor!!
Ek en Christo Anderson het vriende gemaak met Scott, 'n Amerikaanse veg vlieenier wat Namibie ouens opgelei het. Hy is 'n damn oulike mens.
Verder baie moedeloos. Bors pyn,,, vermoed slukderm verwant. Ek vermoed iets sit vas wat nie wil uit. Nie die moed om weer sjirurg toe te gaan nadat ek reeds Dinsdag 'n nood afspraak gekry het. Ek dink nie ek gaan gym vandag nie

No comments:

Post a Comment