fanie

Tuesday, June 25, 2013

5 km run by Waterkloof Lugmag basis 24 June 2013

Saturday, June 26, 2010

photos

Ek sukkel my morsdood om my foto's en ebooks te organiseer.
Die ebooks is nou meer as 300 gb. Nou dit is sommer nonsens: dit beteken ongeveer 600,000 boeke. Daar is obviously nie so baie. MAW duplikaat van duplikaat van duplikaat. Dit kan nie so aangaan, ek sal 'n plan moet maak. Hulle is in honderde directories en nie een se:"copy of.."
Dit is eenvoudig as volg: die een is Wilbur Smith The Courtneys, dan ook as Smith wilbur The Courtneys, dan The Courtneys wilbur smith en so aan en aan. Dan ook as pdf, lit, pdc en ander formate, almal verskillende groottes. Hoe het ek so 'n gemors toegelaat? Hoe kry ek dit opgelos?
Dan my foto's .... omtrent 900GB versprei oor 'n magdom disks. Ek het copies gemaak van een disk na die ander, later vergeet, weer copies gemaak. Weereens my fout. Aan die begin was alles mooi gemerk. Toe het 'n paar disks gebreek, kompers (3) deur weerlig geslaan, diefstal van laptop en ek is in 'n malhuis.
Kinders kom kuier, kleinkinders slaap hier. Braaiplek en kuierplek nog vol nat matte weens die geyser-storie. Sal maar koue vleis en slaaie eet. Elsie beserk besig om geheime vroue goed te sorteer en reg te kry. Sy en Lettie hardloop elke keer hier verby met arms goed en weer terug met ander. Gaan nie eers vra. As sy na my kyk, lyk ek baie maag-sererig en dan los sy my.

Friday, June 25, 2010

Geyser

So, die water geyser in die sitkamer het gebars. Ek dog hulle vat net so 200 liter! Ons het 'n lekker binnenshuis swembad gehad. Die meubels en matte het die tyd van hul lewe gehad ... mekaar gespat, spat en borrels blaas.
Neem nogal lank om droog te maak. Plumber kry toe niks fout, toe nie gebars. Vermoed die overflow klep het gegroet. Ek sit my waterskoene en rubberboot reg vir ingeval.

Thursday, June 24, 2010

Elsie het griep maar is besig om garage te organiseer om goed te kry vir Palm Beach.
Fanie jnr kan nie uitgepraat word oor die sokker gister. Hy en Eric het die wedstryd Amerika teen Algerie op Loftus bygewoon. Hulle het tussen 'n klomp Amerikaners gesit en hulle gate uit geniet. Net soos ek, hou hy baie van Amerikaners. Beide van ons het nog net goeie ervarings met hulle gehad.
Ek en Elsie het Amerikaanse vriende gehad by Swartruggens in die 80'ers. Hulle het 'n swart kind probeer aanneem wat hulle groot gemaak het en dit was onmoontlik. Ten einde laaste is hulle terug na Amerika om die kind daar aan te neem nadat hulle ('n jaar?) gesukkel het om 'n paspoort vir die kind te kry.
In Luderitz het Elsie 'n baie, baie goeie Amerikaanse vriendin gehad, Jennifer McDonald. Sy het getrou met 'n Luderitz ou en hulle is na Amerika net toe ons ook Luderitz verlaat. Ons kan nie onthou wat die ou se van is en kan nie vir Jennifer opspoor. Sy is nie op Facebook onder MacDonald. Ek het al die Luderitz ouens met wie ek kontak het al gevra, maar niemand weet wat sy van is nie. Ek moet dalk vir Elsie op facebook plaas, miskien kan Jennifer haar dan opspoor!!
Ek en Christo Anderson het vriende gemaak met Scott, 'n Amerikaanse veg vlieenier wat Namibie ouens opgelei het. Hy is 'n damn oulike mens.
Verder baie moedeloos. Bors pyn,,, vermoed slukderm verwant. Ek vermoed iets sit vas wat nie wil uit. Nie die moed om weer sjirurg toe te gaan nadat ek reeds Dinsdag 'n nood afspraak gekry het. Ek dink nie ek gaan gym vandag nie

Tuesday, June 8, 2010

Ek oefen net om te kyk hoe die ding werk